Skikgodin

Die skikgodinne of Moirai (Grieks: Μοῖραι) was in die Griekse mitologie die witgeklede verpersoonlikings van die noodlot. Die Griekse woord μοῖρα ("moira") beteken letterlik " ’n deel", dus ’n mens se deel van die lewe of noodlot. Hulle het die figuurlike draad van elke sterflike se lewe beheer van geboorte tot die dood (en daarna).

Volgens H.J. Rose was Nyx ("Nag") die moeder van die skikgodinne.[1]

Daar was gewoonlik drie van hulle:

  • Clotho (Κλωθώ; "wewer"), wat die draad van die lewe geweef het.
  • Lachesis (Λάχεσις; "toekenner" of trekker van lootjies), wat die draad van elke mens se lewe gemeet het met haar maatstok.
  • Atropos (Ἄτροπος; "onvermydelik" of letterlik "onomkeerbaar"), wat die lewensdraad gesny het. Sy het gekies hoe elke mens sterf.
  1. Rose, H.J., Handbook of Greek Mythology, bl. 24

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search